Die-dag-toe-Jesus-sterf!
15
Okt

Jou verhouding met God staan in verband met jou begrip en waardering van die gebeure tydens DIE DAG TOE JESUS STERF! Hierdie kursus wil jou help om God se liefde en die heilsgebeure beter te verstaan. Wat regtig met Jesus gebeur het, maak saak!

Waarom moet gelowiges weet wat die intensiteit van Jesus se marteling was? Die wrede feite is nodig om die suikerlagie wat mense om die kruisiging geplaas het, af te stroop. Dis afgryslik om te besef hoeveel bloedverlies Jesus gely het, hoe geseling moontlik tot hartarres gelei het. Terselfdertyd kan jy weet dat Hy dit vir jou verlossing gedoen het.

Die 21 Skrifwaarhede bied jou ook waardevolle joernaalbladsye wat jou begelei om die Bybel in diepte te bestudeer. Aan die hand van vrae en met die neerskryf van jou gedagtes, sal jy ontdek watter verskil die dag toe Jesus gesterf het aan jou lewe maak.

DR. ISAK BURGER is bekend as kerkleier en skrywer van boeke soos Troos wanneer jy treur en Die dood en die lewe hierna (Geloofsgids). Sy grootste passie is om mense aan Jesus bekend te stel. Hy fokus in sy studies, preke, skryfwerk en besoeke aan Israel op wie Jesus is en wat Hy gedoen het.

Kursusinhoud

Totaal:21 lesse Tydlyn: 21 dae
  • Die dag toe Jesus sterf!  0/21

    • Les1.1
      SKRIFWAARHEID 1 10 min Voorskou
    • Les1.2
    • Les1.3
    • Les1.4
    • Les1.5
    • Les1.6
    • Les1.7
    • Les1.8
    • Les1.9
    • Les1.10
    • Les1.11
    • Les1.12
    • Les1.13
    • Les1.14
    • Les1.15
    • Les1.16
    • Les1.17
    • Les1.18
    • Les1.19
    • Les1.20
    • Les1.21

Instrukteur

DR ISAK BURGER is een van die bekendste kerkleiers onder die Christengemeenskap, en ook die skrywer van talle boeke en artikels. Hy voltooi sy teologiese studie aan die Universiteit van Pretoria. Hy tree by verskeie tussenkerklike byeenkomste en internasionale konferensies op. In 1988 word hy president van die AGS totdat hy in 2016 sy emeritaat aanvaar. Hy word in 2010 visevoorsitter van die Pentecostal World Fellowship tot sy emeritaat in 2016. Isak is een van die stigterslede van die Christelike Televisie in Suid-Afrika en word ook op radio gehoor. Sy buitengewoon suksesvolle reeks boeke oor die eerste en laaste 5 minute voor en ná die dood is steeds ’n topverkoper geloofgids met die titel Die dood en die lewe hierna.

0.0

graderings

5 sterre
0%
4 sterre
0%
3 sterre
0%
2 sterre
0%
1 ster
0%
Gratis
error: Inhoud Is Beskerm!