Kry-n-oe-la-la-lyf2
06
Apr
R199.00 R99.00

Op soek na ’n nuwe manier van eet en oefen vir ’n lyf waaroor jy mal is? Dan is Marijke Cilliers se aanlyn program reg vir jou. Word fiks, slank en gesond in net 12 weke.

Marijke deel haar wysheid en die ervaring van honderde vroue, met hierdie program wat maklik is om te volg én wat regtig werk!

Die afdeling oor voeding, wat ’n eetplan vir gewigsverlies insluit, bevat inligting oor hoe om maaltye vir jou unieke behoeftes aan te pas. Die maklike oefeninge in die oefenvideo’s kan enige tyd, enige plek gedoen word. Word gou-gou ferm en slank sonder om ure lank te swoeg en sweet. Al wat jy nodig het, is ’n oefenrek of ’n stel gewiggies.

Vrywaring
Daar word sterk aanbeveel dat jy, voordat jy met ’n nuwe oefenprogram begin, mediese advies en goedkeuring van jou dokter verkry.
Hierdie program en oefenvideo is nie bedoel as plaasvervanger vir enige mediese advies deur ‘n gesondheidsorgwerker, of vir die diagnose of behandeling van enige siekte of toestand nie. Die leser moet sy/haar dokter raadpleeg oor enige aspek rakende sy/haar gesondheid voordat daar met enige oefeninge, of fiksheids- of voedingsprogram begin word.
MARIJKE FITNESS (PTY) LTD aanvaar geen aanspreeklikheid vir die inligting hierin verskaf nie. Enige toepassing van die inligting of menings hierin vervat, word volgens jou eie goeddunke en op eie risiko onderneem. Jy doen hiermee afstand van die reg om enige eis teen MARIJKE FITNESS (PTY) LTD, sy beamptes, direkteure, werknemers, agente, verteenwoordigers of erfgename in te stel, na aanleiding van die toepassing van hierdie inligting of menings.
Alle pogings is aangewend om die program so akkuraat moontlik te maak. Daar kan egter foute insluip, sowel tipografies as in die inhoud. Daarom moet hierdie program slegs as ‘n algemene riglyn gebruik word en nie as die uitsluitlike bron van inligting oor die onderwerpe wat behandel word nie.
Hierdie program bevat inligting wat bedoel is om die leser te help en te ondersteun met hul lewenstyl. Dit word aangebied as algemene advies oor oefening en voeding. Die metodes wat in hierdie program beskryf word, is die outeur se persoonlike mening. Dit is nie bedoel as ’n rigiede stel instruksies vir die spesifieke doelwit nie.
Deur aan hierdie program deel te neem en/of die advies wat verskaf word te volg, aanvaar die leser of deelnemer volle verantwoordelikheid en risiko vir enige resultaat wat mag voortspruit uit die implementering van enige advies in hierdie program vervat. Dit is jou as die leser se verantwoordelikheid om altyd jou dokter te raadpleeg oor enige bestaande of moontlike vooraf bestaande mediese toestand wat ’n invloed tydens fisiese aktiwiteite mag hê.
Geen deel van hierdie program mag sonder die skriftelike toestemming van die outeur gereproduseer, gekopieer of oorgedra word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies nie, insluitend fotokopiëring, opname of enige inligtingsbewaring- en herwinningstelsel.

Kundige

Marijke Cilliers

Op soek na ’n nuwe manier van eet en oefen vir ’n lyf waaroor jy mal is? Dan is Marijke Cilliers se aanlyn program reg vir jou. Marijke deel haar wysheid en die ervaring van honderde vroue, met hierdie program wat maklik is om te volg én wat regtig werk! Dis waar dat enigiemand vir ’n kort rukkie hard kan oefen en die kalorieë kan tel, maar kitsoplossings is ongelukkig nooit volhoubaar nie. Die druk om in perfekte vorm te wees is veral erg as jy ’n persoonlike afrigter is. Om te aanvaar dat jy nie perfek hoef te wees nie is nie altyd maklik nie. Daar is natuurlik slegte dae, en dan sal my man met my praat, want hy sien dinge anders. Ons vroue kan baie krities oor onsself wees. Ek bly op hoogte met nuwe ontwikkelinge deur baie navorsing te doen en na te lees oor enige nuwe inligting of tegniek wat my aandag trek. ’n Mens kan ook nie net enigiets op die internet glo nie. Dit moet uit goeie bronne kom, met navorsing wat dit bewys. Tydens my eie probleem met ooreet was daar nie dieselfde inligting wat vandag op mense se vingerpunte is nie. Dit het eintlik jare van probeer-en-leer gevat om uit te vind wat vir my werk om met die slegte gewoontes te kon breek. Die boodskap van my aanlyn kursus, is dat daar nie kitsoplossings is nie. Die idee is om nie alles op een slag te probeer doen nie. Ons gaan dit vir 12 weke, week-vir-week vat. Elke week kry jy ’n klein aanpassing om te maak en natuurlik ’n oefenvideo. Elke video begin stadig, met net ’n paar oefeninge, wat geleidelik meer word. Om sulke klein stappies te vat sal goeie gewoontes vaslê. Dis beter as om net vir vroue ’n plan te gee en te sê: “Daar, doen dit en kry klaar.” Dit laat jou net oorweldig voel en maak dit maklik om op te gee. En om dan te sê: “Maar Maandag begin ek weer van voor af.” My oefeninge is ideaal vir vroue, want dit fokus op kragoefeninge. Dis nie net draf wat jou vorm gaan verander nie, jy moet spiere bou. Dit maak jou sterk, verhoog jou metabolisme en is goed vir jou beenstruktuur. Dit help ook baie meer om gewig te verloor as wat mense besef. Die oomblik wat jy meer spiere het, gebruik jou liggaam dadelik meer kilojoules. Selfs as jy slaap, sal jy dan meer energie gebruik. Dan kan jy ook meer eet. As jy dit nie doen nie, sal jy minder moet eet om gewig te verloor.

0.0

graderings

5 sterre
0%
4 sterre
0%
3 sterre
0%
2 sterre
0%
1 ster
0%
R199.00 R99.00

Fiks, slank en gesond in 12 weke

Eet- en oefenprogram
+
12 video’s