- Aanlyn kursusse, Huwelik
- 20 (Geregistreer )
-

Gretha Wiid se aanlyn kursus bevat 21 geheime om ’n paartjie te help saamstaan teen enigiets wat julle uitmekaar wil trek. Die Liefdesuitdaging aan die einde van elke geheim sal julle prakties help om julle vaardighede te slyp sodat julle sterker anderkant sal uitkom.
Ons hardloop die rotteresies, net om eendag wakker te word en te besef: Ons twee is nie meer so naby aan mekaar soos voorheen nie. Een effektiewe manier om ’n huwelik te laat hou, is om tyd en energie daarin te belê en julle huwelik die hoogste prioriteit te maak – soos toe julle nog uitgegaan het.
Gretha deel haar insigte, soos hoe om die konneksie te behou ten spyte van hindernisse en hoe om op die regte manier te baklei. Sy gee ook nuttige gereedskap om die sprankel te behou, selfs as julle al lank getroud is. En hoe om seksuele en emosionele probleme te oorkom.
Of julle pas getroud is, of al baie sakke sout saam opgeëet het, of net wil voorberei vir die reis, Laat jou huwelik werk sal julle verhouding omskep in ’n vervullende, suksesvolle en voorspoedige huwelik.
Die Liefdesuitdagings bevat voorstelle en oefeninge om julle verhoudingsvaardighede te slyp sodat julle kan saamwerk aan ’n vervullende verhouding.
Hoe werk dit? Albei lees die spesifieke geheim en gebruik die vraag of opdrag om julle gedagtes neer te skryf. Julle maak dan ’n afspraak, ontmoet mekaar by julle gunsteling plek, en bespreek dit met mekaar. So herhaal julle die stappe vir elke geheim.
Ingesluit by dié huwelikskursus is klanksnitte, om julle te help om die probleme in julle huwelik anders te hanteer as in die verlede.
Kursusinhoud
-
Laat jou huwelik werk 0/21
-
Les1.1
-
Les1.2Huweliksmaat of huismaat? 30 min
-
Les1.3Die ou koeie in die sloot 30 min
-
Les1.4Saam bid, bind julle aanmekaar 30 min
-
Les1.5Die seisoene van ‘n huwelik 30 min
-
Les1.6Ontrouheid gebeur nie oornag nie 30 min
-
Les1.7Geld: Kwaad of goed 30 min
-
Les1.8Sit tegnologie op sy plek 30 min
-
Les1.9Gesonde grense met stokperdjies 30 min
-
Les1.10Luister vir ‘n slag 30 min
-
Les1.11Skoonma of Skoonmonster 30 min
-
Les1.12Intimiteit is die gom van die huwelik 30 min
-
Les1.13Berading kan jou huwelik red 30 min
-
Les1.14Deur dik en dun 30 min
-
Les1.15Moeg en moedeloos
-
Les1.16Jou tong het mag 30 min
-
Les1.17Hou mekaar se emosionele tenks vol
-
Les1.18Vergifnis is die beginpunt vir groei 30 min
-
Les1.19Speel klaar met jou eie verwonding 30 min
-
Les1.20Pitkos vir jou huweliksreis (1) 30 min
-
Les1.21Pitkos vir jou huweliksreis (2) 30 min
-
Instrukteur
GRETHA WIID het ’n kragtige getuienis van vergifnis en genade en wat ware huweliksgeluk is. Sy wil met haar boeke, praatjies en huweliksnaweke paartjies inspireer om mekaar weer te ontdek. Sy deel haar kennis met paartjies om passie in hulle huwelike te vind en dinge wat onoorkomelik lyk, saam met God te oorwin. Sy is die ma van vier dogter en is ook bekend as die skrywer van die topverkoper ouerskappakkette Lyfslim vir seuns en Lyfslim vir meisies.
graderings