Laat-jou-huwelik-werk-web-image
22
Mei

Ongeag hoe lief en verlief jy op jou troudag was, is die kans dat jy steeds élke dag so voel, baie skraal. Hoe leer jy jou maat se taal praat? Hoe stuit jy klein jakkalsies? Hoe koester julle intimiteit? VRA DIE KENNER GRETHA WIID…

Ons leef verby mekaar en is later nie meer ingestel is op mekaar se behoeftes nie. Dit bring ons by ’n punt waar ons leeg voel in ons verhouding. Ons het nie meer die va-va-voom wat ons vroeër gehad het nie, en voel nie meer soos die belangrikste prioriteit in ons maat se hart of lewe nie.

’n Huwelik wat werk, gelukkig en gesond is, is baie harde werk. Dit is nie iets wat sommer vanself gebeur nie. Dit is eers as ’n mens lank genoeg getroud is dat jy werklik verstaan wat daardie “sakke sout”-gesegde werklik beteken.

Kundige

Gretha Wiid

GRETHA WIID het ’n kragtige getuienis van vergifnis en genade en wat ware huweliksgeluk is. Sy wil met haar boeke, praatjies en huweliksnaweke paartjies inspireer om mekaar weer te ontdek. Sy deel haar kennis met paartjies om passie in hulle huwelike te vind en dinge wat onoorkomelik lyk, saam met God te oorwin. Sy is die ma van vier dogter en is ook bekend as die skrywer van die topverkoper ouerskappakkette Lyfslim vir seuns en Lyfslim vir meisies.

0.0

graderings

5 sterre
0%
4 sterre
0%
3 sterre
0%
2 sterre
0%
1 ster
0%
Free