- Aanlyn kursusse, Selfhelp
- 1 (Geregistreer )
-

Baie mense het geen visie vir hulle lewe nie. Hulle weet nie hoe om hulle drome te verwesenlik nie. Jy moet waagmoed hê, groot droom en vasstel presies wat jy wil hê.
Jou visie is nie iets wat jy opmaak nie, dit wys waarvan jy gemaak is. Dit is jou innerlike krag, jou essensie.
As jy geen visie het nie, vervul jy nie jou potensiaal nie. Jy sal egter verstom wees om te sien wat is moontlik wanneer jy die krag van jou potensiaal ontsluit.
Die lewe vlieg verby. Die res van jou lewe hoef egter nie op dieselfde trant aan te gaan nie. As jy wil hê daar moet iets nuuts en anders in jou lewe gebeur, moet jy sorg dat daar iets nuuts en anders uit jou uit kom.
Hier is jou kans om standpunt in te neem vir ’n nuwe toekoms en ’n nuwe jy!
In hierdie eenvoudige 30-dae-kursus help kundiges jou om ’n bloudruk te skep vir ’n lewe wat saak maak:
• Kobus Neethling – ’n Buitengewone lewe begin deur anders te dink.
• Jannie Putter – Geestelike krag help jou om uit jou foute te leer.
• Liesel Krause-Wiid – God kan meer doen as wat jy jou kan voorstel.
• Wouter Snyman – Verander jou finansiële gewoontes en hóé jy oor geld dink.
• Lynette Beer – Emosies moet bestuur en nie onderdruk word nie.
PLUS! 25 oudio’s in MP3-formaat gee eenvoudige maar treffende raad om daardie verandering teweeg te bring waarna jy lankal smag. Dit sal jou verder help om die beste jy te word wat daar kan wees.
Kursusinhoud
-
Laat jou lewe saak maak! 0/30
-
Les1.1
-
Les1.2Dag 2: Hoekom sukkel ons so met ons emosies? 20 min
-
Les1.3Dag 3: Negatiewe gevoelens kan jou heeltemal vernietig 20 min
-
Les1.4Dag 4: Moenie dat ’n slegte verlede ’n mooi toekoms bederf nie 20 min
-
Les1.5Dag 5: Vergifnis is die eerste stap na vrede 10 min
-
Les1.6Dag 6: Wat beteken dit om koelkop te bly? 20 min
-
Les1.7Dag 7: Sien die eindpunt in jou gedagtes 20 min
-
Les1.8Dag 8: Werk aan ’n sterk selfbeeld en eiewaarde 10 min
-
Les1.9Dag 9: Daar is net een presies soos jy 20 min
-
Les1.10Dag 10: Raak rustig en geniet die oomblik! 10 min
-
Les1.11Dag 11: Kreatiwiteit is ’n houding van oplossings vind 20 min
-
Les1.12Dag 12: Slyp jou kreatiewe vaardighede en kry sukses 10 min
-
Les1.13Dag 13: Leer jou brein om oorspronklik te dink 20 min
-
Les1.14Dag 14: Moenie stagneer nie maar wees oop vir nuwe idees 10 min
-
Les1.15Dag 15: Presies hoe werk die kreatiewe proses? 20 min
-
Les1.16Dag 16: Kry só die lewe wat jy begeer 20 min
-
Les1.17Dag 17: Moenie uitstel nie, begin vandag jou toekoms beplan 20 min
-
Les1.18Dag 18: Jou “rykdom” word in jou gedagtes geskep 10 min
-
Les1.19Dag 19: Laat jou geld vir jóú werk, nie andersom nie! 20 min
-
Les1.20Dag 20: Duidelike doelwitte is die resep vir sukses 20 min
-
Les1.21Dag 21: Hoe weet ek wat sy wil is? 10 min
-
Les1.22Dag 22: Jy kan meer doen as wat jy dink 20 min
-
Les1.23Dag 23: Het jy al begin om jou roeping te leef? 20 min
-
Les1.24Dag 24: Jy moet eers bid en dan begin werk 10 min
-
Les1.25Dag 25: God beplan baie mooi dinge vir jou 20 min
-
Les1.26Dag 26: Hoe kan ek meer doeltreffend wees? 10 min
-
Les1.27Dag 27: Is ek in die regte rigting oppad? 20 min
-
Les1.28Dag 28: Het my lewe ‘n goeie balans? 10 min
-
Les1.29Dag 29: Wat is my nalatenskap? 10 min
-
Les1.30Dag 30: Leef ek getrou aan my lewensdoel? 20 min
-
graderings