Kursusinhoud

Totaal:30 lesse Tydlyn: 30 dae
  • Laat jou lewe saak maak!  0/30

    • Les1.1
      Dag 1: Net jy kan jou drome waar laat word 20 min Voorskou
    • Les1.2
    • Les1.3
    • Les1.4
    • Les1.5
    • Les1.6
    • Les1.7
    • Les1.8
    • Les1.9
    • Les1.10
    • Les1.11
    • Les1.12
    • Les1.13
    • Les1.14
    • Les1.15
    • Les1.16
    • Les1.17
    • Les1.18
    • Les1.19
    • Les1.20
    • Les1.21
    • Les1.22
    • Les1.23
    • Les1.24
    • Les1.25
    • Les1.26
    • Les1.27
    • Les1.28
    • Les1.29
    • Les1.30

Dag 1: Net jy kan jou drome waar laat word

Waaroor droom jy? Al daardie dinge, of dalk is dit net een groot iets, waaroor jy dagdroom. Die boek wat jy nog wil skryf; die besigheid wat jy wil begin; die kursusse wat jy nog wil doen …

Dis lekker om te dagdroom, want dis maklik. Jy hoef maar net aan iets te dink en dan is dit daar: ’n lugkasteel wat jou laat glimlag. Maar dis presies wat dit sal bly, tensy jy iets daadwerkliks daaraan doen.

Wat of wie verhoed jou om jou droom ’n werklikheid te maak? Jou omstandighede dalk? Miskien ’n gebrek aan finansies? As jy vir die perfekte oomblik wag, gaan jy jou lewe om wag!

Net jy kan jou drome waar laat word. Raak prakties. Skryf jou droom neer. Kyk dan wat jy geskryf het, en omskryf dit as ’n doel. ’n Doel vereis ’n aksieplan.

Om dié plan op die been te bring, moet jy twee belangrike vrae kan beantwoord.

  1. Waar is ek nou?
  2. Waar wil ek wees?

Sodra jy die antwoorde op papier het, kan jy aan die derde vraag begin werk, naamlik: Hoe kom ek by my bestemming uit?

Dis waar jy begin om kleiner doelwitte vir jouself te stel. Drome verg baie tyd, navorsing, opoffering en harde werk. Kyk weer na die doelwit wat jy neergeskryf het. Is dit regtig wat jy wil doen? Moenie uitstel nie. Begin vandag, al is dit net om na te lees oor hoe ander hulle drome bereik het. Die heel belangrikste is om nooit op te gee nie.

Jy moet jou droom vlerke en ’n fondasie gee. Terwyl jy kan sien hoe jou droom besig is om ’n werklikheid te word, moet jy nooit ophou droom nie. Jy moet heeltyd dink hoe jy dit nog verder kan uitbou sodat meer mense daardeur geraak sal kan word. Terselfdertyd is jy besig om aan jou doelwitte te werk. Jy het ’n lysie waar jy kan afmerk wat al bereik is en wat volgende gedoen moet word. Dit is die fondasies van jou droom.

Mense vrees verandering. Almal weet verandering is deel van die lewe, tog sukkel ons om daarby aan te pas.  Dis nie verkeerd om soms bang te wees nie, maar jy hoef nie in te gee vir die verlammende effek wat dit tot gevolg het nie. Gaan doen wat jy moet doen! Onthou wie jy is en sorg dat jy weet waartoe jy in staat is. Moet nooit tou opgooi nie!

Daar is baie mense wat vasgevang is in emosionele pyn. Iewers langs die pad het hulle seergekry, en dit het hulle kruppel gemaak aan die binnekant. Hulle lyk normaal, want hulle doen wat hulle moet en werk soos alle ander mense, maar hulle binnekante is stukkend. Emosioneel is hulle op die afdraande pad en kom dit na vore in dinge soos woedeuitbarstings, angsaanvalle, spanningshoofpyne, verslawings en swak selfbeelde.

 

Is jy een van die hartsgewondes? Sukkel jy soms om in die spieël te kyk, want jy haat jouself? Gryp jy na kos, drank of selfs pynpille in ’n poging om die ewige gat in jou hart te vul? Dalk is jou mense bang vir jou, want een skewe woord en jy ontplof. Almal dink jy is sterk en hard, maar net jy weet hoe stukkend jy binnekant is.

Jy ken die woede in jou hart, maar ook die vrees. Die skuldgevoelens wat aan jou knaag. Die moedeloosheid. Die negatiewe gedagtes wat jou snags bloots ry as jy moet slaap.

Miskien is jy een van daardie mense wat slaap so ver as moontlik probeer vermy, want dit bring die nagmerries terug. Die seer. Die pyn. Dit wat jy nou al vir jare probeer onderdruk.

Dalk het jou pyn jou anker geword. Dit waaraan jy kan vashou, want jy kan nie meer onthou hoe jou geliefde se stem geklink het nie, jy onthou nie meer sy reuk nie. Die pyn wat deur jou sny, het jou daaglikse metgesel geword. En jy klou verbete vas, want jy weet nie meer wat dit is om gelukkig te wees nie.

Baie mense laat toe dat hulle emosies hulle lewe heeltemal oorneem. As dít gebeur, sal jy jou visie vir die toekoms en jou drome uit die oog verloor. Dis uiters belangrik dat jy jou emosies moet kan bestuur sodat hulle jou nie beheer nie.

Wie en wat jy vandag is, is as gevolg van besluite wat jy geneem het toe jy deur emosies beïnvloed is. Waar jy oor ’n maand of ’n jaar van nou af gaan wees, sal ook gedryf wees deur die emosionele keuses wat jy nou gaan maak!

Kliek hier vir ekstra inligting oor Bloudruk vir ʼn lewe wat saak maak – Aksieplan en droombord.

error: Inhoud Is Beskerm!