- Aanlyn kursusse, Ouerskap
- 0 (Geregistreer )
-

Watter ma smag nie na kosbare oomblikke saam met die kinders wat haar hart se punt is nie?
Kinders is op hulle beste as hulle ’n sterk band het met iemand wat vir hulle omgee. Wanneer jy in die tye wat julle saam is, regtig met hulle bind, word hulle brein gestimuleer, hulle verhouding met jou versterk en hulle gedrag verander.
’n Positiewe band met ’n pa en ma verminder ook ’n kind se stres, laat hulle beter slaap, ontwikkel hulle emosionele intelligensie en verbeter hulle skoolprestasie.
Hoe bou ons verhoudings as ons tyd min is, ons uitgeput is, ons stres hoog is en almal in die huis verskillende temperamente en ouderdomme het? Gelukkig het jy geen spesiale toerusting, duur speelgoed of tegnologie nodig nie.
Gee net jou tyd, jouself, jou geduld – en siedaar! Alles wat jy moet weet, is in Maak jou kind speel-speel slim.
Kursusinhoud
-
Maak jou kind speel-speel slim 0/21
-
Les1.1
-
Les1.2Jy, jou kind en sy brein 30 min
-
Les1.3Breinwetenskap – Jou kind se brein in jou hande 30 min
-
Les1.4Jou kind se sensoriese temperament 30 min
-
Les1.5Jou kind se agt sintuie 30 min
-
Les1.6Van alledaagse oomblikke tot konneksie-oomblikke 30 min
-
Les1.7Hoe gemaak met negatiewe emosies? 30 min
-
Les1.8Drie bestanddele vir spesiale konneksie-oomblikke 30 min
-
Les1.9Opstaantyd 30 min
-
Les1.10Kweek dankbaarheid 30 min
-
Les1.11Rytyd 30 min
-
Les1.12Rytyd en stories vervolg … 30 min
-
Les1.13Speeltyd 30 min
-
Les1.14Aktiwiteit vir speeltyd: Rowwe spel 30 min
-
Les1.15Etenstyd 30 min
-
Les1.16Geheime oor kommunikasie 30 min
-
Les1.17Bedtyd 30 min
-
Les1.18Slaap en jou kind 30 min
-
Les1.19Aktiwiteit vir bedtyd: Lees en haal asem 30 min
-
Les1.20Ten slotte 30 min
-
Les1.21Speletjies wat slim maak
-
Instrukteur
LIZANNE DU PLESSIS is getroud met Marius en hulle het twee dogters en ’n hondekind, Skye, by wie hulle leer hoe onvoorwaardelike liefde werk. Sy het meer as 25 jaar se ondervinding as arbeidsterapeut en meer as 15 jaar ervaring as ma. As arbeidsterapeut en Finesse Voelgoed Tydskrif se ouerskapmentor kry sy gereeld te doen met ma’s wat raadop is met kinders wat nie luister nie, nie eet nie, nie slaap nie of nie speel nie. Lizanne deel graag haar kennis van brein- en sosiale wetenskap en insig in ouerskap om die tye wat jy in elk geval by jou kinders is, meer doelgerig te maak. Jou kinders sal beter groei en ontwikkel, julle verhouding sal sterker wees en daardie uitdagende gedrag sal verminder.
graderings