- Aanlyn kursusse, Selfhelp
- 178 (Geregistreer )
-

“Besig” het die woord geword waarmee ons mekaar groet. Jy dink dalk dit hoort so: dis tog wat jy moet doen as jy bo wil uitkom. Jy cope mos darem nog. Maar op die lange duur kan besigwees jou vreugde steel.
Elke mens is gemaak vir ’n ritme van werk en rus – anders sal jy uitbrand. Jy móét dus daardie sweet spot kry waar jy optimaal en kragtig, maar op jou heel gemaklikste, kan funksioneer.
Maak meer tyd vir jouself sal jou verstand en jou hart oopmaak sodat jy geïnspireerd sal wees om jou beste lewe rustig te leef.
Ons het ’n groep skrywers, predikante, entrepreneurs, sakelui, sielkundiges, lewensafrigters, mentors en mediapersoonlikhede gevra vir hulle wenke vir beter tydsbestuur. Nou kan jy deel in die insig van hierdie professionele mense wat moes leer hoe om al die balle in die lug te hou.
Die kursus bestaan uit 30 temas, wat rustig in een maand (of langer) deurgewerk kan word teen jou eie tempo en in jou eie tyd.
Kursusinhoud
-
Maak meer tyd vir jouself 0/32
-
Les1.1
-
Les1.22. Besigwees Tipe 1: Die honger na sukses dryf my-besig 10 min
-
Les1.33. Wanneer jy honger na sukses – beheer jou denke 10 min
-
Les1.44. Wanneer jy honger na sukses – wees jou ware self 10 min
-
Les1.55. Besigwees Tipe 2: Dit kan later aandag kry”-besig 10 min
-
Les1.66. Wanneer alles later aandag kry – herbeplan jou leefwyse 10 min
-
Les1.77. Wanneer alles later aandag kry – spyt moenie te laat wees nie 10 min
-
Les1.88. Besigwees Tipe 3: “Ander mense se opinies is die belangrikste”-besig 10 min
-
Les1.99. Wanneer ander se opinies die belangrikste is fokus op prioriteite en organisering 10 min
-
Les1.1010. Wanneer ander se opinines die belangrikste is onthou jou waardes is belangrik 10 min
-
Les1.1111. Besigwees Tipe 4: Alles is te veel en te moeilik-besig 10 min
-
Les1.1212. Wanneer alles te veel en te moeilik is vra jouself is jy gelukkig of te besig 10 min
-
Les1.1313. Wanneer alles te veel en te moeilik is praat oor hoe besig jy is … 10 min
-
Les1.1414. Besigwees Tipe 5: Meer doen beteken ek is suksesvol-besig” 10 min
-
Les1.1515. Wanneer jy dink meer doen beteken sukses sal afstand sal jou perspektief gee 10 min
-
Les1.1616. Wanneer jy dink meer doen beteken sukses tref eerder die teiken 10 min
-
Les1.1717. Besigwees Tipe 6: Weet nie hoe om te rus nie-besig 10 min
-
Les1.1818. Wanneer jy nie weet hoe om te rus nie besef dit begin by rus 10 min
-
Les1.1919. Wanneer jy nie weet hoe om te rus nie werk aan tydsbestuur en uitdagings 10 min
-
Les1.2020. Besigwees Tipe 7: Kan nie nee sê nie-besig 10 min
-
Les1.2121. Wanneer jy nie nee kan sê nie werk aan kwessies en konfrontasie 10 min
-
Les1.2222. Wanneer jy nie nee kan sê nie vra jouself of jou tyd ’n prioriteit is 10 min
-
Les1.2323. Besigwees Tipe 8: Daar is altyd iets om oor skuldig te voel-besig 10 min
-
Les1.2424. Wanneer jy altyd oor iets skuldig voel kom weer in ritme met jouself 10 min
-
Les1.2525. Wanneer jy altyd oor iets skuldig voel hou op skuldig voel 10 min
-
Les1.2626. Besigwees Tipe 9: Ander mense bepaal my prioriteite en fokus-besig 10 min
-
Les1.2727. Wanneer ander my prioriteite en fokus bepaal dink kreatief en spesifiek oor môre 10 min
-
Les1.2828. Wanneer ander my prioriteite en fokus bepaal sien die stilte voor die storm 10 min
-
Les1.2929. Besigwees Tipe 10: Ernstige dinge is belangriker as tydmorslekkertes-besig 10 min
-
Les1.3030. Wanneer ernstige dinge belangriker word as tydmorslekkertes sit pret terug in jou dag 10 min
-
Les1.3131. Wanneer ernstige dinge belangriker word as tydmorslekketes speel-speel tot by sukses 10 min
-
Les1.32
-
Instrukteur
DR. GUSTAV GOUS het verskeie grade in teologie, filosofie en sielkunde. Hy is ’n verhoudingskonsultant en motiveringspreker wat mense oor internasionale grense inspireer. Plaaslik wys hy Suid-Afrikaners hoe om die lewe positief en met energie aan te pak. LYNETTE BEER het teologie en sielkunde gestudeer, maar haar ook in die korporatiewe wêreld onderskei. Sy is as skrywer bekend vir haar persoonlikheidspakket, Lewe in volkleur, waarin temperamente volgens kleure verduidelik word. Sy is ook ’n gewilde spreker. DR. KOBUS NEETHLING is internasionaal bekend as spreker en opleidingskonsultant. Hy het reeds meer as 80 boeke geskryf en verskeie TV-programme geskep en aangebied. Sy grootste bydrae tot mense se verstaan van hulleself is sy heelbrein-meetinstrument.
graderings