Isak-Burger
30
Jul
R249.00 R199.00

Elkeen van ons sal die een of ander tyd iemand aan die dood afstaan. Om ’n geliefde te verloor is een van die grootste en mees intense uitdagings, en die pyn daarvan kan oorweldigend wees.

Die goeie nuus is, die Vader is by ons, teenwoordig in ons lyding. Wanneer alles te veel raak, gee Hy rus. Hy verstaan mense se emosies en verseker ons: Storms is normaal en gaan ook weer verby.

Isak Burger deel sy insig oor die dood en die doodservaring en gee hoop. Ons kan na Jesus toe draai en sy woorde van troos en bemoediging opsoek wanneer ons hulp nodig het op die pad van rou. By Hom leer ons die waarheid oor die lewe, die dood en die hiernamaals.

Maak vrede met die dood bevat 40 aangrypende stukke wat dag vir dag deurgewerk kan word. Hulle bring nuwe perspektief oor doodgaan, die hemel en hoe om vrede met verlies te maak. Elke stuk is gegrond op ’n Bybelvers en eindig met ’n diep, persoonlike gebed.

Maak vrede met die dood is ideaal om jou te begelei deur jou rouproses.

Kursusinhoud

Total learning: 40 lesse Tydlyn: 40 days

Kundige

0.0

graderings

5 sterre
0%
4 sterre
0%
3 sterre
0%
2 sterre
0%
1 ster
0%
R249.00 R199.00