- Aanlyn kursusse, Huwelik
- 9 (Geregistreer )
-

- “Ek sal mans nooit verstaan nie.”
- “As hy net kon verander!”
- “Mans het net een ding op die brein – seks!”
- “Hy leef net vir sy werk.”
- “Dis omdat hy so anders is dat ons so vassit.”
- “As hy my net in ag wil neem!”
As jy ook jou man beter wil verstaan, MÓÉT JY HIERDIE KURSUS DEURWERK!
Aan die begin was sy andersheid vir jou oulik, maar nou irriteer sy gewoontetjies jou. Dis miskien die bril waardeur jy kyk wat maak dat jy sukkel om hom te aanvaar.
Jy moet egter self eers verander en bepaal watter tipe mens jy is, voor jy anders na jou man kan kyk en hom kan verstaan. Dan sal jy sy uniekheid makliker raaksien en sal hy jou knieë weer lam maak.
VERSTAAN JOU MAN BETER sal jou wys hoe julle lewe saam baie gelukkiger kan wees – juis omdat julle verskil. Hierna sal jy sommer van voor af op jou man verlief wees!
Kursusinhoud
-
Verstaan jou man beter 0/13
-
Les1.1
-
Les1.2Geheim no. 1: Julle kán mekaar se harte verstaan! 10 min
-
Les1.3Geheim no. 2: Vind uit hoe julle albei se emosies werk 10 min
-
Les1.4Geheim no. 3: Herskryf die drome vir julle toekoms 10 min
-
Les1.5Geheim no. 4: Jy moet weet die liefde is nie blind nie 10 min
-
Les1.6Geheim no. 5: Jou opinie oor jou maat word deur verskeie dinge gevorm 10 min
-
Les1.7Geheim no. 6: As twee mense trou, verander alles! 10 min
-
Les1.8Geheim no. 7: Jy is dalk deel van die probleem 10 min
-
Les1.9Geheim no. 8: Aanvaar dit dat mans en vroue regtig verskil 10 min
-
Les1.10Geheim no. 9: Leer om jou eie gedragspatrone te verstaan 10 min
-
Les1.11Geheim no. 10: Leer om jou maat se gedragspatrone te verstaan 10 min
-
Les1.12Geheim no. 11: Fokus op julle interaksie eerder as julle verskille 10 min
-
Les1.13Geheim no. 12: Maak vrede met sy vreemdheid 10 min
-
Instrukteur
DR. FLORIS KNOUWDS is leraar van die Coram Deo-gemeente in Vereeniging. Hy is ’n bekende skrywer, huweliksberader en openbare spreker. Hy help egpare om haakplekke in hulle verhoudings uit te stryk, ’n nuwe dinamika daarin te vestig en saam ’n nuwe beter toekoms te bou. Sy metode sou eerder as afrigting beskryf kon word. Dit is ’n aktiewe proses wat fokus op definitiewe uitkomste. Hy lei ook huweliksberaders en verhoudingsterapeute op, volgens ’n spesifieke model wat hy self oor 35 jaar ontwikkel het. Floris se passie is om Christene te help om die waarhede van die Woord te ontdek en prakties uit te leef. Hy is getroud met Riana en hulle het vier kinders.
graderings