- Aanlyn kursusse, Ouerskap
- 1 (Geregistreer )
-

Hoekom wag tot jou kind die verkeerde inligting oor haar lyf, seks en seunsdinge by maats kry en dit dan probeer regstel?
Seksualiteit is ’n seën, mits dit reg hanteer word.
Op ’n pittige maar deskundige manier deel Gretha Wiid haar wysheid van dekades se werk met ouers en kinders, en as ’n ma van vier. Sy gee slim strategieë om hierdie moeilike onderwerp te benader. Dis bedoel vir elke ouer wat die bron met die meeste invloed en geloofwaardigheid oor seks in hulle dogter se lewe wil wees.
Dié kursus vir jou foon, tablet en rekenaar is vir die ouers van meisies van 11 jaar en ouer. Dis ’n skatkis van antwoorde in die taal wat tieners verstaan vir vrae en vrese soos:
• Wat is vry en wat mag jy doen en wat nie?
• Hoekom groei party meisies se borste vinniger?
• Wat is menstruasie en hoe moet jy dit hanteer?
• Hoe sê jy nee vir dom goed wat tieners aanvang?
As bonus is daar video’s (MP4-formaat) met wenke hoe jy deur julle gesprekke jou dogter ’n gesonde siening oor seksualiteit kan gee.
GRETHA skryf reguit en eerlik omdat tieners asseblief tog net die waarheid wil weet oor moeilike issues soos grootword, seks en die teenoorgestelde geslag. Dié kursus is soos ’n persoonlike stap-vir-stap-handleiding vir al die vrae en worries wat meisies van 11 jaar en ouer mag hê.
Kursusinhoud
-
Praat met jou dogter oor seks, haar lyf en seuns 0/20
-
Les1.1
-
Les1.2Vraag 2: Hoe werk eierselle + spermselle? 20 min
-
Les1.3Vraag 3: Hoekom groei alles so stadig? 20 min
-
Les1.4Vraag 4: Ek kry borste – wat nou? 20 min
-
Les1.5Vraag 5: Hoekom lyk my lyf anders? 20 min
-
Les1.6Vraag 6: Wat gaan in my lyf aan? 10 min
-
Les1.7Vraag 7: Wat is die maagdevlies? 10 min
-
Les1.8Vraag 8: Ek menstrueer … wat nou? 20 min
-
Les1.9Vraag 9: Ek wil nog meer weet van menstruasie? 10 min
-
Les1.10Vraag 10: Gebeur daar iets in seuns se lywe? 20 min
-
Les1.11Vraag 11: Verander seuns se lywe ook buite? 20 min
-
Les1.12Vraag 12 : Ek wil meer weet oor swangerskap? 10 min
-
Les1.13Vraag 13: Ek wonder oor nog goed behalwe swangerskap? 10 min
-
Les1.14Vraag 14: Wat doen ek met al die pressure? 10 min
-
Les1.15Vraag 15: Almal begin vry en uitgaan, wat nou? 20 min
-
Les1.16Vraag 16: Hoekom vang kinders stupid goed aan? 10 min
-
Les1.17Vraag 17: Hoe los ek my selfoon? 10 min
-
Les1.18Vraag 18: Hoe hanteer ek seks en pornografie? 20 min
-
Les1.19Vraag 19: Wsat is masturbasie? 10 min
-
Les1.20Vraag 20: Hoe kry ek ‘n great lewe? 20 min
-
Instrukteur
GRETHA WIID het ’n kragtige getuienis van vergifnis en genade en wat ware huweliksgeluk is. Sy wil met haar boeke, praatjies en huweliksnaweke paartjies inspireer om mekaar weer te ontdek. Sy deel haar kennis met paartjies om passie in hulle huwelike te vind en dinge wat onoorkomelik lyk, saam met God te oorwin. Sy is die ma van vier dogter en is ook bekend as die skrywer van die topverkoper ouerskappakkette Lyfslim vir seuns en Lyfslim vir meisies.
graderings