Verstaan-jou-kind—Hettie-Brittz-1
24
Okt

Verstaan jou kind en jou ouerskapstyl beter is ’n kursus wat spruit uit Hettie Brittz se topverkoper boek, Kweek kinders met karakter. Dit is geskep vir ouers in elke fase van ’n kind se lewe, en help ma’s en pa’s om hulle kinders se uniekheid te ontdek en te koester.

Wil jy graag weet … Waarom ’n straf vir een kind werk, maar nie vir die ander nie? Hoe om jou kind se taal te praat sodat julle mekaar regtig verstaan? Hoe om jou kind se emosies en behoeftes reg te hanteer?

Dan is Verstaan jou kind en jou ouerskapstyl beter vir jou bedoel!

Hettie klassifiseer die verskillende temperamente as boomtipes, en leer ouers hoe om elke kind volgens sy temperament te kweek en te snoei.

• Palmboomkinders is entoesiasties, raak maklik opgewonde, is energiek en loop oor van idees. Hulle haat dit om alleen te wees en kan alles ontwrig, gevolglik is rustige eie tyd vir hulle ma’s buite die kwessie.
• Die roosboom is gedrewe, vreesloos, ferm en voorbarig. Hulle het ’n vinnige humeur en wil in beheer wees. Hulle kan soms geniepsig wees, maar as hulle verantwoordelikhede kry, word hulle die mooiste rose.
• Die denneboomkind is liefdevol en het ’n rustige geaardheid. Agter die sagte geaardheid skuil egter ’n wil van staal wanneer hulle uit hulle gemaksone gedwing word.
• Die sierboomkind is ’n wysneus en perfeksionis. Hulle is meer pessimisties as die ander boomsoorte en is baie presies en netjies. Hulle volg instruksies tot op die letter en kan baie angstig en onseker wees.

Jy en jou kinders en julle gesinsopset is uniek, daarom kry jy ’n unieke stel riglyne wat jy maklik kan volg.

INGESLUIT IN DIE AANLYN KURSUS:
PROFIELTOETS
As ouers hulle eie temperament en dié van hulle kinders verstaan, word die opvoedingstaak en dissiplinering minder moeilik.

RIGLYNE om kinders se profiele te verstaan
As jy die profiel voltooi het, is die volgende stap om die riglyne oor elke boomsoort deur te werk en dan toe te pas wat op jou spesifieke “boompie” betrekking het.

VIDEO’S
As jy jou kinders se andersheid verstaan, kan jy hulle hierin koester en opbou.

HETTIE BRITTZ is getroud met gospelsanger en musiekvervaardiger, Louis Brittz. Hulle het twee dogters en ’n seun.

As spraakterapeut en taal- en gehoorpraktisyn het Hettie voorheen ’n multidissiplinêre praktyk bedryf saam met ’n pediater, sielkundige, arbeidsterapeut en ander spraakterapeute. Hier het sy waardevolle ondervinding opgedoen in onder meer ouerleiding.

Sedert 2002 bied sy landswyd en oorsee seminare by kerke, skole en in die besigheidswêreld aan, oor onderwerpe wat verband hou met Christen-ouerskap en -opvoeding.

Kursusinhoud

Total learning: 35 lesse Tydlyn: 6 weke
0.0

graderings

5 sterre
0%
4 sterre
0%
3 sterre
0%
2 sterre
0%
1 ster
0%
R295.00 R234.00