ISAK-BURGER
24
Okt

Wat wag anderkant die dood? Is dit ’n reis na die onbekende of eerder ’n glorieryke, geestelike pelgrimstog waarna ons kan uitsien?

As pastoor het Isak Burger die voorreg gehad om met baie mense te doen te kry wat voor die dood te staan gekom het.

Hy het mense op hulle sterfbed besoek, begrafnisse waargeneem en families getroos wat oor geliefdes gerou het. In sulke tye het mense gewoonlik diep vrae oor die lewe ná die dood.

Wat gebeur wanneer mense sterf? is ’n kragtige en genesende kursus oor die lewe ná die dood. Dit beskryf met groot verantwoordelikheid wat die Bybel oor die onderwerp sê.

Die kursus verskaf antwoorde op die algemeenste vrae wat mense het oor kwessies soos naby-dood-ervarings, die hemel en die hel. Dit sal jou op ’n geestelike reis neem en jou siening oor die lewe, die dood en die lewe ná die dood vir altyd verander.

Isak Burger se wysheid uit die Woord sal ook jou vrese oor die dood vervang met sekerhede oor die genade wat vir elkeen beskikbaar is. En as jy treur oor ’n geliefde wat dood is, sal jy getroos voel en weet: Eendag sien ons mekaar weer!

As bonus is daar ook video’s in MP4-formaat wat die misterie van doodgaan ontrafel en reguit praat teen onbybelse beskouings. Isak beskryf wat die Bybel sê ’n gelowige kan verwag wanneer hy of sy sterf en hoe die lewe daarna sal wees.?

Kursusinhoud

Total learning: 30 lesse Tydlyn: 30 days

Kundige

Isak Burger

DR ISAK BURGER is een van die bekendste kerkleiers onder die Christengemeenskap, en ook die skrywer van talle boeke en artikels. Hy voltooi sy teologiese studie aan die Universiteit van Pretoria. Hy tree by verskeie tussenkerklike byeenkomste en internasionale konferensies op. In 1988 word hy president van die AGS totdat hy in 2016 sy emeritaat aanvaar. Hy word in 2010 visevoorsitter van die Pentecostal World Fellowship tot sy emeritaat in 2016. Isak is een van die stigterslede van die Christelike Televisie in Suid-Afrika en word ook op radio gehoor. Sy buitengewoon suksesvolle reeks boeke oor die eerste en laaste 5 minute voor en ná die dood is steeds ’n topverkoper geloofgids met die titel Die dood en die lewe hierna.

0.0

graderings

5 sterre
0%
4 sterre
0%
3 sterre
0%
2 sterre
0%
1 ster
0%
R295.00 R234.00