- Aanlyn kursusse, Gratis, Selfhelp
- 14 (Geregistreer )
-

Depressievegters en mense wat depressievegters ken, moet weet wat die siekte behels. Johan Laten help ouers en onderwysers verstaan wat depressie behels – die simptome, oorsake en behandeling.
Johan is al vir meer as 35 jaar ’n depressievegter. “Die siekte is hel, maar dis my <i>life purpose</i>,” sê hy. Johan glo God gebruik sy swaarkry om ander te help. Dit is wat hom staande hou in moeilike tye.
Die behandeling van depressie is ’n spanpoging met God as ons bron van krag en hoop, professionele beraders, medikasie, leiding deur ouers en onderwysers – en natuurlik die depressievegter self.
Weet wat depressie regtig is bied vir ouers en onderwysers ’n selfhelpkursus oor alles wat jy moet weet om die siekte te verstaan. Kwessies wat saam met depressie voorkom, naamlik angs, selfbesering, selfdood en boelies, word eerlik en reguit bespreek.
Dit bevat ook selfdoen-werkbladsye vir depressievegters, wat ’n depressievegter aanmoedig om dinge te begin doen. Die stap-vir-stap-benadering en vordering teen eie pas maak dit maklik om na elke volgende fase te beweeg.
En Johan se eerlike vertellings in videosnitte verseker jou dat dit moontlik is om jou doel te vind midde-in jou pyn. Dat dit moontlik is om vreugde te beleef ten spyte van jou vrese en om hoop te hê vir môre.
Kursusinhoud
-
Weet wat depressie regtig is 0/10
-
Les1.1Wat is depressie? 30 min
-
Les1.2Wat veroorsaak depressie? 30 min
-
Les1.3Behandeling van depressie 30 min
-
Les1.4Ek bly depressief 30 min
-
Les1.5Vrees, angs en paniek 30 min
-
Les1.6Verstaan selfbesering beter 30 min
-
Les1.7Vat boelies vas
-
Les1.8Bestuur jou sosiale media
-
Les1.9Angs en Depressie by volwassenes 30 min
-
Les1.10Die gelowige en depressie en wat om met selfdood gedagtes te maak
-
Instrukteur
JOHAN LATEN is getroud met Annette, en het twee kinders, Jana en Melt. Hy het eers skoolgehou, maar deesdae is hy voltyds betrokke by Kruispad Bediening, waar hy met ’n toneelopvoering kinders, ouers en onderwysers bewus maak van depressie. Johan is al vir meer as 35 jaar ’n depressievegter. “Die siekte is hel, maar dis my lewensdoel,” sê hy. Johan glo God gebruik sy swaarkry om ander te help. Dit is wat hom staande hou in moeilike tye.
graderings