Moderne-spreuke-31-vrou-1-foto1
06
Nov

Miskien het jy nog altyd vinnig by Spreuke 31 verbygeblaai. Wow! Daardie Bybelse supervrou laat jou darem baie minderwaardig voel.

Sy werk van die môre tot die aand en doen alles perfek! Hoe hou sy al die balle in die lug?

Hierdie vrou is egter net ’n gewone vrou wat haarself beskikbaar gestel het aan ’n uitsonderlike God – en nou ’n seën is vir almal om haar. In plaas van om te dink jy sal nooit in haar voetspore kan stap nie, sien dit as ’n voorbeeld van wat jy wel kan regkry.

ALETTÉ WINCKLER het besluit sy gaan lees presiés wat Salomo sê. En dan kyk watter verskil dit maak as sy dit ’n maand lank lééf. Haar slotsom? ’n Gewone vrou kán al hierdie dinge wees! ’n Vrou net soos jy!

In hierdie kursus kry jy praktiese raad en inspirasie uit die Woord. Elke hoofstuk word saamgevat deur Bybelstudievrae waaroor daar in jou stiltetyd of in ’n kleingroep nagedink kan word, sodat jy die beste word in elke aspek van jou lewe: Huis, werk, geloof, huwelik, moederskap, skoonheid.

Of jy getroud, enkellopend, ’n tuisbly-ma of loopbaanvrou is – jy sal geïnspireer word deur die tydlose wysheid van hierdie Spreukevrou.

So, gaan jy die uitdaging aanvaar?

Kursusinhoud

Total learning: 31 lesse Tydlyn: 31 days

Kundige

Aletté Winckler

ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER is Heinz se vrou, ma van drie seuns, skrywer, en een van Suid-Afrika se stylvolste skoonhede. Haar eerste liefde is die Here – en daarna kom haar man en kinders. As voorkomskonsultant en motiveringspreker gee sy vroue weer nuwe hoop en tonne selfvertroue.

0.0

graderings

5 sterre
0%
4 sterre
0%
3 sterre
0%
2 sterre
0%
1 ster
0%
R195.00 R154.00
error: Inhoud Is Beskerm!